Te Manga Wāina Koretake
1 I puta mai anō te kupu a Ihowā ki ahau, i mea: 2 "E te tama a te tangata, he aha te nuinga ake o te wāina i ngā rākau katoa – o te manga wāina i roto i ngā rākau o te ngahere? 3 E tangohia mai rānei tētahi wāhi o reira, hei mahinga i tētahi mahi? E tangohia rānei tētahi titi i reira hei whakairi mō tētahi mea? 4 Nanā, e makā ana ki te ahi hei wahie; pau ake i te ahi ōna pito e rua, wera iho a waenganui; he pai rānei mō tētahi mahi? 5 Nanā, i tōna toitūtanga, kīhai i pai mō tētahi mahi; kātahi ka hē rawa mō tētahi mahi ā muri ake nei, i te mea ka kāia nei e te ahi, ā, ka wera?
6 "Mō reira ko te kupu tēnei a te Ariki, a Ihowā: Ka rite ki taua rākau, ki te wāina i roto i ngā rākau o te ngahere, i tukua rā e ahau ki te ahi hei wahie, ka pērā tāku tukunga atu i ngā tāngata o Hiruhārama. 7 Ka ū atu anō tōku mata hei hē mō rātou. Ka puta mai rātou i te ahi, otiia mā te ahi anō rātou e kai; ā, ka mōhio koutou ko Ihowā ahau, ina ū atu tōku mata ki te hē mō rātou. 8 Ka meinga anō e ahau te whenua hei ururua mō te hē i hē ai rātou, e ai tā te Ariki, tā Ihowā."
Die nuttelose hout.
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout — die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
3 Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
4 Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
5 Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
6 Daarom, so sê die Here Here: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
7 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die Here is as Ek my aangesig teen hulle rig
8 en die land 'n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die Here Here.