12 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;
13 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.
14 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.
15 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.
16 En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;
17 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was 'n baie vet man.
18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;
19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Di, sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.
20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,
21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,
22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.
23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.
24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.
25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar -- hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!
26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Se‹ra ontsnap.
27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.
28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.
29 En hulle het in die tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.
30 So moes Moab dan die dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.
12 以色列人又行了耶和华看为恶的事, 耶和华就使摩押王伊矶伦强盛起来, 欺压以色列人, 因为他们行了耶和华看为恶的事。
13 伊矶伦集合了亚扪人和亚玛力人, 前来击败了以色列人, 占领了棕树城。
14 于是以色列人服事了摩押王伊矶伦十八年。
15 以色列人向耶和华哀求的时候, 耶和华就为他们兴起一位拯救者, 就是便雅悯人基拉的儿子以笏, 是一个用左手的人。以色列人派他把贡物送给摩押王伊矶伦。
16 以笏做了一把两刃的剑, 长半公尺, 缚在右腿上, 在衣服底下。
17 他把贡物呈献给摩押王伊矶伦; 伊矶伦原是个非常肥胖的人。
18 以笏献完了贡物, 就把抬贡物的众人打发走了。
19 自己却从靠近吉甲的众雕像那里回来, 说: "王啊, 我有一件机密的事要对你说。"王说: "暂不要说。"侍立左右的人都离开他出去了。
20 以笏来到王那里; 王独自一人坐在凉楼上。以笏说: "我有 神的话要告诉你。"王就从座位上站起来。
21 以笏就伸出左手, 从右腿上拔出剑来, 刺入王的腹中;
22 连剑柄与剑身都刺进去了, 肥肉把剑身夹住, 因此他没有把剑从王的肚腹里拔出来; 接着他就从窗户爬了出去。
23 以笏出到走廊, 把凉楼上的门关起来, 上了锁。
24 以笏出来以后, 王的仆人才来到; 他们看见凉楼上的门锁着, 就说: "王一定是在凉楼上大解。"
25 他们等到发慌了, 见他还不打开凉楼的门, 就拿钥匙来开; 不料, 看见他们的主人早已倒在地上死了。
26 他们耽延的时候, 以笏已经逃跑了; 他经过众雕像那里, 逃到西伊拉去。
27 他去到以后, 就在以法莲山地吹角; 以色列人与他一同从山地上下来, 他走在他们前头,
28 对他们说: "你们跟随我, 因为耶和华已经把你们的仇敌摩押人交在你们手中。"他们就跟随他下去, 攻取约旦河的渡口, 拦截摩押人, 不让一个过去。
29 那时他们击杀了约有一万摩押人, 都是强壮的、勇猛的人, 没有一人逃脱。
30 这样, 从那天起, 摩押就在以色列人的手下被制伏了, 于是国中太平了八十年。