1 Want die koninkryk van die hemele is soos 'n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir 'n penning op 'n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.
5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.
6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?
7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.
8 En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n penning ontvang.
10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n penning ontvang.
11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n penning nie?
14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.
1 "天国好像一个家主, 清早出去雇请工人到他的葡萄园工作。
2 他和工人讲定了一天的工钱是一个银币, 然后派他们到葡萄园去。
3 大约九点钟, 他又出去, 看见还有人闲站在街市上,
4 就对他们说: ‘你们也到葡萄园来吧, 我会给你们合理的工钱。’
5 他们就去了。约在正午和下午三点钟, 他又出去, 也是这样作。
6 下午五点钟左右, 他再出去, 看见还有人站着, 就问他们: ‘你们为什么整天站在这里不去作工?’
7 他们回答: ‘没有人用我们。’他说: ‘你们也到葡萄园来吧。’
8 到了黄昏, 园主对管工说: ‘把工人叫来, 给他们工钱, 从最后的开始, 到最先来的。’
9 那些下午五点钟才开始作工的人来了, 每个人都领到一个银币。
10 最先作工的人也来了, 以为会多得一点, 但每个人也是领到一个银币。
11 他们领到之后, 就埋怨家主, 说:
12 ‘我们整天在烈日之下劳苦, 这些后来的人只工作了一个小时, 你却给他们跟我们一样的工钱。’
13 家主回答他们当中的一个, 说: ‘朋友, 我并没有亏待你。你我不是讲定了一个银币吗?
14 拿你的工钱走吧! 我给那后来的和给你的一样, 是我的主意。
15 难道我不可以照自己的主意用我的财物吗?还是因为我仁慈你就嫉妒呢?’
16 因此, 在后的将要在前, 在前的将要在后。"