Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 38

SYNOD

'n Gebed in krankheid.

1 'n PSALM van Dawid, by die gedenkoffer.

2 oHere, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.

4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.

5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

6 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;

8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.

10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my , ook dit is nie by my nie.

12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;

13 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

14 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

15 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;

16 want op U, Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

17 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

19 Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

21 En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

22 Verlaat my nie, o Here! My God, wees nie ver van my af nie!

23 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

1 Псалом 38. [1]1 Пар 16:42. Начальнику хора, Идифуму. Псалом Давида.

2 [2]Пс 140:3. Я сказал: буду я наблюдать за путями моими, чтобы не согрешать мне языком моим; буду обуздывать уста мои, доколе нечестивый предо мною. 3 [3]Пс 107:14. Я был нем и безгласен, и молчал даже о добром; и скорбь моя подвиглась. 4 [4]Деян 17:16. Воспламенилось сердце мое во мне; в мыслях моих возгорелся огонь; я стал говорить языком моим: 5 [5]Рим 13:11. скажи мне, Господи, кончину мою и число дней моих, какое оно, дабы я знал, какой век мой. 6 [6]Пс 89:6;143:4. Вот, Ты дал мне дни, как пяди, и век мой как ничто пред Тобою. Подлинно, совершенная суета всякий человек живущий. 7 [7]Иов 8:9.Иер 17:11.Лк 12:20. Подлинно, человек ходит подобно призраку; напрасно он суетится, собирает и не знает, кому достанется то. 8 И ныне чего ожидать мне, Господи? надежда моя на Тебя. 9 От всех беззаконий моих избавь меня, не предавай меня на поругание безумному. 10 [10]Мф 11:5. Я стал нем, не открываю уст моих; потому что Ты соделал это. 11 Отклони от меня удары Твои; я исчезаю от поражающей руки Твоей. 12 [12]Ис 51:8. Если Ты обличениями будешь наказывать человека за преступления, то рассыплется, как от моли, краса его. Так, суетен всякий человек! 13 [13]1 Пар 29:15.2 Кор 5:6–7.Флп 3:20.Евр 11:13. Услышь, Господи, молитву мою и внемли воплю моему; не будь безмолвен к слезам моим, ибо странник я у Тебя и пришлец, как и все отцы мои. 14 Отступи от меня, чтобы я мог подкрепиться, прежде нежели отойду и не будет меня.

Veja também