Die heerlikheid van die Here en die nietigheid van die afgode.
1 NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
2 Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?
3 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.
4 Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
5 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;
7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.
8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.
9 Israel, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!
10 Huis van Aäron, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!
11 Julle wat die Here vrees, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild.
12 Die Here het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.
13 Hy sal diegene seën wat die Here vrees, die kleintjies saam met die grotes.
14 Die Here sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.
15 Julle is geseënd deur die Here wat hemel en aarde gemaak het.
16 Die hemele is hemele vir die Here, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die Here nie loof nie;
18 maar óns sal die Here prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!
[Аллилуия.]
1 Псалом 115. [1]2 Кор 4:13. Я веровал, и потому говорил: я сильно сокрушен. 2 [2]Рим 3:4. Я сказал в опрометчивости моей: всякий человек ложь. 3 Что воздам Господу за все благодеяния Его ко мне? 4 [4]Пс 22:5. Чашу спасения прииму и имя Господне призову. 5 [5]Пс 21:26. Обеты мои воздам Господу пред всем народом Его. 6 Дорога́ в очах Господних смерть святых Его! 7 [7]Прем 9:5. О, Господи! я раб Твой, я раб Твой и сын рабы Твоей; Ты разрешил узы мои. 8 [8]Пс 49:14.Евр 13:15. Тебе принесу жертву хвалы, и имя Господне призову. 9 Обеты мои воздам Господу пред всем народом Его, 10 во дворах дома Господня, посреди тебя, Иерусалим! Аллилуия.