Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 19

SYNOD

Openbaring in natuur en Skriftuur.

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie onhoorbaar is hulle stem.

5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;

6 en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.

7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9 Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die .

10 Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid tesame is hulle regverdig.

11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

13 Die afdwalinge wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.

14 Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!

1 Начальнику хора. Псалом Давида.

2 Псалом 19. [2]Пс 17:7. Да услышит тебя Господь в день печали, да защитит тебя имя Бога Иаковлева. 3 Да пошлет тебе помощь из Святилища и с Сиона да подкрепит тебя. 4 Да воспомянет все жертвоприношения твои и всесожжение твое да соделает тучным. 5 [5]Пс 20:3.Ис 41:16. Да даст тебе [Господь] по сердцу твоему и все намерения твои да исполнит. 6 [6]2 Цар 8:6. Мы возрадуемся о спасении твоем и во имя Бога нашего поднимем знамя. Да исполнит Господь все прошения твои. 7 Ныне познал я, что Господь спасает помазанника Своего, отвечает ему со святых небес Своих могуществом спасающей десницы Своей. 8 [8]4 Цар 19:23. Иные колесницами, иные конями, а мы именем Господа Бога нашего хвалимся: 9 они поколебались и пали, а мы встали и стоим прямо. 10 Господи! спаси царя и услышь нас, когда будем взывать [к Тебе].

Veja também