Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 102

SYNOD

'n Gebed vir Sion.

1 'n GEBED van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die Here.

2 oHere, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.

5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

7 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.

8 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.

9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.

10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,

11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

13 Maar U, o Here, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

14 Ú sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

16 Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

17 omdat die Here Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,

18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

19 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die Here loof;

20 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,

21 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;

22 sodat hulle in Sion die Naam van die Here kan vermeld en sy lof in Jerusalem,

23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die Here te dien.

24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.

25 My God, ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie u jare is van geslag tot geslag!

26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27 Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

Псалом Давида.

1 Псалом 102. [1]Пс 103:1. Благослови, душа моя, Господа, и вся внутренность моя святое имя Его. 2 Благослови, душа моя, Господа и не забывай всех благодеяний Его. 3 [3]Пс 29:3.2 Пар 30:20. Он прощает все беззакония твои, исцеляет все недуги твои; 4 [4]Иов 33:24. избавляет от могилы жизнь твою, венчает тебя милостью и щедротами; 5 [5]Пс 5:13. насыщает благами желание твое: обновляется, подобно орлу, юность твоя. 6 [6]Пс 98:4. Господь творит правду и суд всем обиженным. 7 Он показал пути Свои Моисею, сынам Израилевым дела Свои. 8 [8]Чис 14:18.Неем 9:17. Щедр и милостив Господь, долготерпелив и многомилостив: 9 [9]Ис 57:16. не до конца гневается, и не вовек негодует. 10 Не по беззакониям нашим сотворил нам, и не по грехам нашим воздал нам: 11 ибо как высоко небо над землею, так велика милость [Господа] к боящимся Его; 12 как далеко восток от запада, так удалил Он от нас беззакония наши; 13 как отец милует сынов, так милует Господь боящихся Его. 14 Ибо Он знает состав наш, помнит, что мы персть. 15 [15]Ис 40:6. Дни человека как трава; как цвет полевой, так он цветет. 16 [16]Иов 7:10. Пройдет над ним ветер, и нет его, и место его уже не узнает его. 17 [17]Пс 24:6. Милость же Господня от века и до века к боящимся Его, 18 [18]Втор 7:9.Пс 30:2. и правда Его на сынах сынов, хранящих завет Его и помнящих заповеди Его, чтобы исполнять их. 19 [19]Пс 9:8. Господь на небесах поставил престол Свой, и царство Его всем обладает. 20 [20]Дан 7:10. Благословите Господа, [все] Ангелы Его, крепкие силою, исполняющие слово Его, повинуясь гласу слова Его; 21 [21]Еф 3:10.Кол 1:16. благословите Господа, все воинства Его, служители Его, исполняющие волю Его; 22 благословите Господа, все дела Его, во всех местах владычества Его. Благослови, душа моя, Господа!

Veja também