Hulpgeroep van die martelaarsgemeente.
1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.
2 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
5 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
6 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
7 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
10 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
14 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
15 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.
16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
20 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.
21 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god —
22 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
23 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.
27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!
1 Псалом 44. [1]Еф 1:6. Начальнику хора. На музыкальном орудии Шошан. Учение. Сынов Кореевых. Песнь любви.
2 Излилось из сердца моего слово благое; я говорю: песнь моя о Царе; язык мой — трость скорописца. 3 [3]Лк 4:22. Ты прекраснее сынов человеческих; благодать излилась из уст Твоих; посему благословил Тебя Бог на веки. 4 [4]Пс 23:8.Ис 11:5.Евр 4:12.Откр 1:16;19:15. Препояшь Себя по бедру мечом Твоим, Сильный, славою Твоею и красотою Твоею, 5 и в сем украшении Твоем поспеши, воссядь на колесницу ради истины и кротости и правды, и десница Твоя покажет Тебе дивные дела. 6 [6]Иов 6:4.Пс 37:3. Остры стрелы Твои, [Сильный], — народы падут пред Тобою, — они — в сердце врагов Царя. 7 [7]Евр 1:8.Ис 32:1. Престол Твой, Боже, вовек; жезл правоты — жезл царства Твоего. 8 [8]Пс 14:2.Ис 61:1. Ты возлюбил правду и возненавидел беззаконие, посему помазал Тебя, Боже, Бог Твой елеем радости более соучастников Твоих. 9 [9]Песн 1:3.Еф 5:2. Все одежды Твои, как смирна и алой и касия; из чертогов слоновой кости увеселяют Тебя. 10 [10]Ис 61:10. Дочери царей между почетными у Тебя; стала царица одесную Тебя в Офирском золоте. 11 [11]Ос 2:19. Слыши, дщерь, и смотри, и приклони ухо твое, и забудь народ твой и дом отца твоего. 12 [12]Ис 62:4.Откр 19:7. И возжелает Царь красоты твоей; ибо Он Господь твой, и ты поклонись Ему. 13 [13]Пс 71:10. И дочь Тира с дарами, и богатейшие из народа будут умолять лице Твое. 14 [14]Иез 16:10.Мф 22:11. Вся слава дщери Царя внутри; одежда ее шита золотом; 15 [15]Ис 61:10.1 Пет 3:3. в испещренной одежде ведется она к Царю; за нею ведутся к Тебе девы, подруги ее, 16 приводятся с весельем и ликованьем, входят в чертог Царя. 17 [17]Рим 9:5.Откр 1:6;5:10. Вместо отцов Твоих, будут сыновья Твои; Ты поставишь их князьями по всей земле. 18 Сделаю имя Твое памятным в род и род; посему народы будут славить Тебя во веки и веки.