Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 84

SYNOD

Hoe lieflik is u woninge!

1 VIR die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 Hoe lieflik is u woninge, o Here van die leërskare!

3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

4 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, Here van die leërskare, my Koning en my God!

5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.

6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.

8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.

9 Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.

11 Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

12 Want die Here God is 'n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

13 Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!

1 Начальнику хора. Кореевых сынов. Псалом.

2 Господи! Ты умилосердился к земле Твоей, возвратил плен Иакова; 3 Псалом 84. [3]Пс 31:1.Рим 4:7. простил беззаконие народа Твоего, покрыл все грехи его, 4 отъял всю ярость Твою, отвратил лютость гнева Твоего. 5 Восстанови нас, Боже спасения нашего, и прекрати негодование Твое на нас. 6 [6]Пс 12:2;76:8;78:5. Неужели вечно будешь гневаться на нас, прострешь гнев Твой от рода в род? 7 Неужели снова не оживишь нас, чтобы народ Твой возрадовался о Тебе? 8 Яви нам, Господи, милость Твою, и спасение Твое даруй нам. 9 Послушаю, что скажет Господь Бог. Он скажет мир народу Своему и избранным Своим, но да не впадут они снова в безрассудство. 10 [10]Пс 96:6;144:18. Так, близко к боящимся Его спасение Его, чтобы обитала слава в земле нашей! 11 Милость и истина сретятся, правда и мир облобызаются; 12 истина возникнет из земли, и правда приникнет с небес; 13 [13]Иоил 2:19,22. и Господь даст благо, и земля наша даст плод свой; 14 правда пойдет пред Ним и поставит на путь стопы свои.

Слава:

Veja também