Stil tot God!
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Jedútun." 'n Psalm van Dawid.
2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
4 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?
5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
13 en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.
1 Псалом 62. [1]1 Цар 23:14. Псалом Давида, когда он был в пустыне Иудейской.
2 [2]Ис 26:9.Пс 41:3. Боже! Ты Бог мой, Тебя от ранней зари ищу я; Тебя жаждет душа моя, по Тебе томится плоть моя в земле пустой, иссохшей и безводной, 3 [3]Пс 22:6;26:4. чтобы видеть силу Твою и славу Твою, как я видел Тебя во святилище: 4 ибо милость Твоя лучше, нежели жизнь. Уста мои восхвалят Тебя. 5 Так благословлю Тебя в жизни моей; во имя Твое вознесу руки мои. 6 Как туком и елеем насыщается душа моя, и радостным гласом восхваляют Тебя уста мои, 7 [7]Пс 34:28. когда я вспоминаю о Тебе на постели моей, размышляю о Тебе в ночные стражи, 8 [8]Пс 16:8. ибо Ты помощь моя, и в тени крыл Твоих я возрадуюсь; 9 [9]Ис 41:10. к Тебе прилепилась душа моя; десница Твоя поддерживает меня. 10 [10]Чис 16:32.Втор 6:13.Ис 19:18.Иер 4:2. А те, которые ищут погибели душе моей, сойдут в преисподнюю земли; 11 сразят их силою меча; достанутся они в добычу лисицам. 12 Царь же возвеселится о Боге, восхвален будет всякий, клянущийся Им, ибо заградятся уста говорящих неправду.