Triomf van die reg.
1 GOD van wraak, o Here, God van wraak, verskyn in ligglans!
2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
3 Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?
4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
5 oHere, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
7 en sê: Die Here sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie — Hy wat die mens kennis leer?
11 Die Here ken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.
12 Welgeluksalig is die man, o Here, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
14 Want die Here sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
17 As die Here vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
18 As ek dink: My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!
19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
22 Maar die Here is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die Here onse God verdelg hulle.
[Хвалебная песнь Давида.]
1 Псалом 94. [1]Втор 32:3. Приидите, воспоем Господу, воскликнем [Богу], твердыне спасения нашего; 2 предстанем лицу Его со славословием, в песнях воскликнем Ему, 3 [3]1 Пар 16:25. ибо Господь есть Бог великий и Царь великий над всеми богами. 4 [4]Пс 49:10. В Его руке глубины земли, и вершины гор — Его же; 5 Его — море, и Он создал его, и сушу образовали руки Его. 6 [6]Пс 17:7;131:7. Приидите, поклонимся и припадем, преклоним колени пред лицем Господа, Творца нашего; 7 [7]Евр 3:7;4:7. ибо Он есть Бог наш, и мы — народ паствы Его и овцы руки Его. О, если бы вы ныне послушали гласа Его: 8 «не ожесточите сердца вашего, как в Мериве, как в день искушения в пустыне, 9 [9]Исх 17:2,7. где искушали Меня отцы ваши, испытывали Меня, и видели дело Мое. 10 [10]Чис 14:34. Сорок лет Я был раздражаем родом сим, и сказал: это народ, заблуждающийся сердцем; они не познали путей Моих, 11 [11]Евр 4:3. и потому Я поклялся во гневе Моем, что они не войдут в покой Мой».