Die wingerdstok van die Here.
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies." 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.
2 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
3 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
5 oHere, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
6 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
7 U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
9 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
13 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
15 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
16 en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
17 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
18 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.
20 oHere, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
1 Псалом 80. [1]Пс 8:1;83:1. Начальнику хора. На Гефском орудии. Псалом Асафа.
2 Радостно пойте Богу, твердыне нашей; восклицайте Богу Иакова; 3 возьмите псалом, дайте тимпан, сладкозвучные гусли с псалтирью; 4 [4]Чис 10:10. трубите в новомесячие трубою, в определенное время, в день праздника нашего; 5 [5]Исх 23:17. ибо это закон для Израиля, устав от Бога Иаковлева. 6 Он установил это во свидетельство для Иосифа, когда он вышел из земли Египетской, где услышал звуки языка, которого не знал: 7 «Я снял с рамен его тяжести, и руки его освободились от корзин. 8 [8]Исх 17:6. В бедствии ты призвал Меня, и Я избавил тебя; из среды грома Я услышал тебя, при водах Меривы испытал тебя. 9 [9]Исх 20:1–2.Пс 49:7. Слушай, народ Мой, и Я буду свидетельствовать тебе: Израиль! о, если бы ты послушал Меня! 10 Да не будет у тебя иного бога, и не поклоняйся богу чужеземному. 11 Я Господь, Бог твой, изведший тебя из земли Египетской; открой уста твои, и Я наполню их». 12 Но народ Мой не слушал гласа Моего, и Израиль не покорялся Мне; 13 [13]Деян 14:16. потому Я оставил их упорству сердца их, пусть ходят по своим помыслам. 14 [14]Лев 26:3. О, если бы народ Мой слушал Меня и Израиль ходил Моими путями! 15 Я скоро смирил бы врагов их и обратил бы руку Мою на притеснителей их: 16 ненавидящие Господа раболепствовали бы им, а их благоденствие продолжалось бы навсегда; 17 [17]Втор 32:13. Я питал бы их туком пшеницы и насыщал бы их медом из скалы.