Verganklikheid van die mens.
1 'n GEBED van Moses, die man van God.
Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.
2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.
5 Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.
7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
8 U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
9 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.
10 Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
11 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!
13 Keer terug, Here! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
14 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.
15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.
16 Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.
17 En laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!
[Хвалебная песнь Давида.]
1 Псалом 90. [1]Пс 16:8;35:8.Ос 14:8. Живущий под кровом Всевышнего под сенью Всемогущего покоится, 2 [2]Пс 141:6. говорит Господу: «прибежище мое и защита моя, Бог мой, на Которого я уповаю!» 3 Он избавит тебя от сети ловца, от гибельной язвы, 4 [4]Мф 23:37. перьями Своими осенит тебя, и под крыльями Его будешь безопасен; щит и ограждение — истина Его. 5 [5]2 Цар 22:31.Пс 83:12. Не убоишься ужасов в ночи, стрелы, летящей днем, 6 язвы, ходящей во мраке, заразы, опустошающей в полдень. 7 [7]Иов 11:19. Падут подле тебя тысяча и десять тысяч одесную тебя; но к тебе не приблизится: 8 [8]Пс 91:12;111:8. только смотреть будешь очами твоими и видеть возмездие нечестивым. 9 Ибо ты сказал: «Господь — упование мое»; Всевышнего избрал ты прибежищем твоим; 10 не приключится тебе зло, и язва не приблизится к жилищу твоему; 11 [11]Мф 4:6.Лк 4:10. ибо Ангелам Своим заповедает о тебе — охранять тебя на всех путях твоих: 12 [12]Иов 5:23. на руках понесут тебя, да не преткнешься о камень ногою твоею; 13 [13]Лк 10:19. на аспида и василиска наступишь; попирать будешь льва и дракона. 14 [14]Пс 144:19.Дан 6:23. «За то, что он возлюбил Меня, избавлю его; защищу его, потому что он познал имя Мое. 15 [15]Иов 22:27;33:24.Зах 13:9. Воззовет ко Мне, и услышу его; с ним Я в скорби; избавлю его и прославлю его, 16 [16]Ис 43:2. долготою дней насыщу его, и явлю ему спасение Мое».
Слава: