Die groot raaisel.
1 'n PSALM van Asaf.
Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
6 Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.
7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
11 En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
17 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
19 Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20 Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.
23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
25 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
26 Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
Учение Асафа.
1 Псалом 73. [1]Пс 43:24. Для чего, Боже, отринул нас навсегда? возгорелся гнев Твой на овец пажити Твоей? 2 [2]Пс 67:17.Иоил 3:16. Вспомни сонм Твой, который Ты стяжал издревле, искупил в жезл достояния Твоего, — эту гору Сион, на которой Ты вселился. 3 Подвигни стопы Твои к вековым развалинам: все разрушил враг во святилище. 4 [4]Иер 2:15. Рыкают враги Твои среди собраний Твоих; поставили знаки свои вместо знамений наших; 5 показывали себя подобными поднимающему вверх секиру на сплетшиеся ветви дерева; 6 и ныне все резьбы в нем в один раз разрушили секирами и бердышами; 7 [7]4 Цар 25:9. предали огню святилище Твое; совсем осквернили жилище имени Твоего; 8 сказали в сердце своем: «разорим их совсем», — и сожгли все места собраний Божиих на земле. 9 [9]Плач 2:9. Знамений наших мы не видим, нет уже пророка, и нет с нами, кто знал бы, доколе это будет. 10 Доколе, Боже, будет поносить враг? вечно ли будет хулить противник имя Твое? 11 Для чего отклоняешь руку Твою и десницу Твою? Из среды недра Твоего порази их. 12 Боже, Царь мой от века, устрояющий спасение посреди земли! 13 [13]Исх 14:21. Ты расторг силою Твоею море, Ты сокрушил головы змиев в воде; 14 Ты сокрушил голову левиафана, отдал его в пищу людям пустыни, [Ефиопским]; 15 [15]Исх 17:5–6.Чис 20:11.Нав 3:13. Ты иссек источник и поток, Ты иссушил сильные реки. 16 Твой день и Твоя ночь: Ты уготовал светила и солнце; 17 [17]Быт 8:22.Плач 3:61. Ты установил все пределы земли, лето и зиму Ты учредил. 18 Вспомни же: враг поносит Господа, и люди безумные хулят имя Твое. 19 Не предай зверям душу горлицы Твоей; собрания убогих Твоих не забудь навсегда. 20 Призри на завет Твой; ибо наполнились все мрачные места земли жилищами насилия. 21 [21]Лк 11:27. Да не возвратится угнетенный посрамленным; нищий и убогий да восхвалят имя Твое. 22 [22]Ис 49:4.Иез 39:25. Восстань, Боже, защити дело Твое, вспомни вседневное поношение Твое от безумного; 23 не забудь крика врагов Твоих; шум восстающих против Тебя непрестанно поднимается.
Слава: