1 En toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:
2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.
3 Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat K jafas genoem word,
4 en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.
5 Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.
6 En toe Jesus in Bet nië was in die huis van Simon, die melaatse,
7 kom 'n vrou na Hom met 'n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.
8 En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?
9 Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.
10 Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.
11 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
12 Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.
13 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
14 Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Isk riot, na die owerpriesters
15 en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.
16 En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
17 En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?
18 En Hy antwoord: Gaan na die stad na 'n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.
19 Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.
20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.
21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.
22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?
23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.
24 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
25 En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.
26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
1 耶稣说完了这一切话, 就对门徒说:
2 "你们知道两天之后就是逾越节, 人子将要被交给人, 钉在十字架上。"
3 那时, 祭司长和民间的长老聚集在大祭司该亚法的官邸,
4 商议怎样用诡计逮捕耶稣, 把他杀害。
5 不过他们说: "不可在节期下手, 免得引起民众暴动。"
6 耶稣在伯大尼, 在患痲风的西门家里的时候,
7 有一个女人拿着一瓶珍贵的香膏, 前来把它浇在耶稣的头上。
8 门徒看见了, 就很生气, 说: "为什么这样浪费呢?
9 这香膏可以卖很多钱, 赒济穷人。"
10 耶稣知道了, 就说: "为什么难为这个女人呢?她为我作了一件美事。
11 你们常常有穷人跟你们在一起, 然而却不常有我。
12 她把这香膏浇在我身上, 是为了安葬我而作的。
13 我实在告诉你们, 这福音无论传到世界上什么地方, 这女人所作的都要传讲, 来记念她。"
14 那时, 十二门徒中的一个, 就是加略人犹大, 去见祭司长, 说:
15 "如果我把他交给你们, 你们愿意给我什么呢?"他们就给了他三十块银子。
16 从那时起, 他就找机会把耶稣交给他们。
17 除酵节的第一天, 门徒前来问耶稣: "你要我们在哪里为你预备逾越节的晚餐呢?"
18 他说: "你们到城里去见某人, 对他说, 老师说: ‘我的时候快到了; 我要到你那里和我的门徒守逾越节。’"
19 门徒照耶稣的指示去作, 预备好了逾越节的晚餐。
20 到了晚上, 耶稣和十二门徒一同吃晚餐。
21 他们吃的时候, 耶稣说: "我实在告诉你们, 你们中间有一个人要出卖我。"
22 他们就很忧愁, 一个一个地问他: "主啊, 是我吗?"
23 他回答: "那和我一同把手蘸在盘子里的人, 他要出卖我。
24 正如经上指着人子所说的, 他固然要离世, 但出卖人子的那人有祸了! 他没有生下来倒好。"
25 那出卖耶稣的犹大说: "拉比, 是我吗?"他说: "这是你说的。"
26 他们吃的时候, 耶稣拿起饼来, 祝谢了就擘开, 递给门徒, 说: "你们拿去吃吧, 这是我的身体。"
27 耶稣又拿起杯来, 祝谢了就递给他们, 说: "你们都喝吧,
28 这是我的血, 是为立约的, 为许多人流出来, 使罪得赦。