36 Toe kom Jesus met hulle in 'n plek met die naam van Gets,man,, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.
37 En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebed,Âs saam en begin bedroef en benoud word.
38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
39 En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.
44 En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
45 Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.
46 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
36 耶稣和门徒来到一个地方, 名叫客西马尼, 就对门徒说: "你们坐在这里, 我要到那边去祷告。"
37 他带了彼得和西庇太的两个儿子一起去, 心里忧愁难过,
38 对他们说: "我的心灵痛苦得快要死了; 你们留在这里, 与我一同警醒吧。"
39 他稍往前走, 把脸俯伏在地上, 祷告说: "我的父啊! 可能的话, 求你使这杯离开我; 但不要照我的意思, 只要照你的旨意。"
40 耶稣回到门徒那里, 看见他们都睡着了, 就对彼得说: "你们连一个小时也不能同我警醒吗?
41 应当警醒、祷告, 免得陷入试探; 你们心灵虽然愿意, 肉体却是软弱的。"
42 他又再次走开, 祷告说: "我的父啊! 如果这杯不能离开我, 一定要我喝, 就愿你的旨意成全。"
43 他再回来的时候, 看见门徒睡着了, 因为他们十分疲倦。
44 他又离开他们, 第三次去祷告, 说的也是同样的话。
45 然后, 他回到门徒那里, 对他们说: "你们还在睡觉休息吗?看哪, 时候到了, 人子要被交在罪人的手里了。
46 起来, 我们走吧! 出卖我的人来了。"