25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
26 En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
27 En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
28 Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.
29 En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.
30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
34 Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.
25 约在半夜, 保罗和西拉祈祷歌颂 神, 囚犯们都侧耳听着。
26 忽然发生了大地震, 以致监牢的地基都摇动起来, 所有的监门立刻开了, 囚犯的锁链都松了。
27 狱吏醒过来, 看见监门全开, 以为囚犯都已经逃脱了, 就拔出刀来想要自刎。
28 保罗大声呼叫说: "不要伤害自己, 我们都在这里! "
29 狱吏叫人拿了灯来, 就冲进去, 战战兢兢地俯伏在保罗和西拉面前,
30 随后领他们出来, 说: "先生, 我应该作什么才可以得救?"
31 他们说: "当信主耶稣, 你和你一家人都必定得救。"
32 他们就把主的道, 讲给他和他全家的人听。
33 就在当夜的那个时候, 狱吏领他们去洗伤, 狱吏和他家人都受了洗,
34 就带他们到家里, 摆上饭食, 他和全家因信了 神就大大喜乐。