14 Want dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
19 En n 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.
27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;
29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.
14 "天国又像一个人要出外远行, 就叫自己的仆人来, 把产业交给他们。
15 他按照各人的才干, 一个给三万个银币, 一个给一万二千个银币, 一个给六千个银币(原文作"五个, 二个, 一个他连得"; 一个他连得等于六千个银币), 然后就远行去了。
16 那领了三万的马上去做生意, 另外赚了三万。
17 那领了一万二千的也是这样, 另赚了一万二千。
18 但那领了六千的, 却去把地挖开, 把主人的钱藏起来。
19 过了很久, 那些仆人的主人回来了, 要和他们算帐。
20 那领了三万个银币的, 带着另外的三万前来, 说: ‘主啊, 你交了三万给我, 你看, 我又赚了三万。’
21 主人对他说: ‘又良善又忠心的仆人哪, 你作得好! 你既然在不多的事上忠心, 我要派你管理许多的事。进来, 享受你主人的快乐吧! ’
22 那领了一万二千的也前来, 说: ‘主啊, 你交了一万二千给我, 你看, 我又赚了一万二千。’
23 主人对他说: ‘又良善又忠心的仆人哪, 你作得好! 你既然在不多的事上忠心, 我要派你管理许多的事。进来, 享受你主人的快乐吧! ’
24 那领了六千的也前来, 说: ‘主啊, 我知道你是个严厉的人, 没有撒种的地方, 你要收割; 没有散播的地方, 你要收聚。
25 所以, 我就害怕起来, 去把你的钱藏在地里。你看, 你的钱还在这里。’
26 可是主人对他说: ‘你这个又可恶又懒惰的仆人, 你既然知道我要在没有撒种的地方收割, 在没有散播的地方收聚,
27 那你就应该把我的钱存入银行, 到我回来的时候, 可以连本带利收回。
28 你们把他的六千银币拿去, 交给那个有六万的。
29 因为凡是有的, 还要给他, 他就充足有余; 凡是没有的, 就算他有什么也要拿去。
30 把这没有用的仆人丢在外面的黑暗里, 在那里必要哀哭切齿。’