1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2 Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig?

3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.

4 Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,

5 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.

6 Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.

7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.

8 Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.

9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.

10 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.

11 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.

12 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.

13 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.

14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.

15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.

16 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op A„ron, die heilige van die HERE.

17 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Ab¡ram oordek.

18 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek.

19 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld.

20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.

21 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,

22 wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.

23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.

24 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;

25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die HERE nie geluister nie.

26 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,

27 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.

28 Ook het hulle hul aan Ba„l-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;

29 en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het.

30 Toe het P¡nehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;

31 en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.

32 Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van M,riba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;

33 want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.

34 Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,

35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.

36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword.

37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer

38 en onskuldige bloed vergiet -- die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kana„n geoffer het -- sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.

39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.

40 Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel.

41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;

42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.

43 Hy het hulle baiekeer gered; maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.

44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;

45 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.

46 En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.

47 Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

48 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!

1 할렐루야 ! 여호와께 감사하라 그는 선하시며 그 인자하심이 영원함이로다

2 뉘 능히 여호와의 능하신 사적을 전파하며 그 영예를 다 광포할꼬

3 공의를 지키는 자들과 항상 의를 행하는 자는 복이 있도다

4 여호와여, 주의 백성에게 베푸시는 은혜로 나를 기억하시며 주의 구원으로 나를 권고하사

5 나로 주의 택하신 자의 형통함을 보고 주의 나라의 기업으로 즐거워하게 하시며 주의 기업과 함께 자랑하게 하소서

6 우리가 열조와 함께 범죄하여 사특을 행하며 악을 지었나이다

7 우리 열조가 애굽에서 주의 기사를 깨닫지 못하며 주의 많은 인자를 기억지 아니하고 바다 곧 홍해에서 거역하였나이다

8 그러나 여호와께서 자기 이름을 위하여 저희를 구원하셨으니 그 큰 권능을 알게 하려 하심이로다

9 이에 홍해를 꾸짖으시니 곧 마르매 저희를 인도하여 바다 지나기를 광야를 지남 같게 하사

10 저희를 그 미워하는 자의 손에서 구원하시며 그 원수의 손에서 구속하셨고

11 저희 대적은 물이 덮으매 하나도 남지 아니하였도다

12 이에 저희가 그 말씀을 믿고 그 찬송을 불렀도다

13 저희가 미구에 그 행사를 잊어버리며 그 가르침을 기다리지 아니하고

14 광야에서 욕심을 크게 발하며 사막에서 하나님을 시험하였도다

15 여호와께서 저희의 요구한 것을 주셨을지라도 그 영혼을 파리하게 하셨도다

16 저희가 진에서 모세와 여호와의 성도 아론을 질투하매

17 땅이 갈라져 다단을 삼키며 아비람의 당을 덮었으며

18 불이 그 당 중에 붙음이여 화염이 악인을 살랐도다

19 저희가 호렙에서 송아지를 만들고 부어 만든 우상을 숭배하여

20 자기 영광을 풀 먹는 소의 형상으로 바꾸었도다

21 애굽에서 큰 일을 행하신 그 구원자 하나님을 저희가 잊었나니

22 그는 함 땅에서 기사와 홍해에서 놀랄 일을 행하신 자로다

23 그러므로 여호와께서 저희를 멸하리라 하셨으나 그 택하신 모세가 그 결렬된 중에서 그 앞에 서서 그 노를 돌이켜 멸하시지 않 게 하였도다

24 저희가 낙토를 멸시하며 그 말씀을 믿지 아니하고

25 저희 장막에서 원망하며 여호와의 말씀을 청종치 아니하였도다

26 이러므로 저가 맹세하시기를 저희로 광야에 엎더지게 하고

27 또 그 후손을 열방 중에 엎드러뜨리며 각지에 흩어지게 하리라 하셨도다

28 저희가 또 바알브올과 연합하여 죽은 자에게 제사한 음식을 먹어서

29 그 행위로 주를 격노케 함을 인하여 재앙이 그 중에 유행하였도다

30 때에 비느하스가 일어나 처벌하니 이에 재앙이 그쳤도다

31 이 일을 저에게 의로 정하였으니 대대로 무궁하리로다

32 저희가 또 므리바 물에서 여호와를 노하시게 하였으므로 저희로 인하여 얼이 모세에게 미쳤나니

33 이는 저희가 그 심령을 거역함을 인하여 모세가 그 입술로 망령되이 말하였음이로다

34 저희가 여호와의 명을 좇지 아니하여 이족들을 멸하지 아니하고

35 열방과 섞여서 그 행위를 배우며

36 그 우상들을 섬기므로 그것이 저희에게 올무가 되었도다

37 저희가 그 자녀로 사신에게 제사하였도다

38 무죄한 피 곧 저희 자녀의 피를 흘려 가나안 우상에게 제사하므로 그 땅이 피에 더러웠도다

39 저희는 그 행위로 더러워지며 그 행동이 음탕하도다

40 그러므로 여호와께서 자기 백성에게 맹렬히 노하시며 자기 기업을 미워하사

41 저희를 열방의 손에 붙이시매 저희를 미워하는 자들이 저희를 치리 하였도다

42 저희가 원수들의 압박을 받고 그 수하에 복종케 되었도다

43 여호와께서 여러 번 저희를 건지시나 저희가 꾀로 거역하며 자기 죄악으로 인하여 낮아짐을 당하였도다

44 그러나 여호와께서 저희의 부르짖음을 들으실 때에 그 고통을 권고하시며

45 저희를 위하여 그 언약을 기억하시고 그 많은 인자하심을 따라 뜻을 돌이키사

46 저희로 사로잡은 모든 자에게서 긍휼히 여김을 받게 하셨도다

47 여호와 우리 하나님이여, 우리를 구원하사 열방 중에서 모으시고 우리로 주의 성호를 감사하며 주의 영예를 찬양하게 하소서

48 여호와 이스라엘의 하나님을 영원부터 영원까지 찬양할지어다 ! 모든 백성들아 아멘 할지어다 할렐루야