1 'n Onderwysing van Etan, die Esrahiet.2 Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.3 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele -- daar bevestig U u trou.4 Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe:5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.6 En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.7 Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,8 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?9 o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!10 U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.11 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.12 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid -- U het dit gegrond.13 Die noorde en die suide -- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.14 U het 'n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.15 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.16 Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.17 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.18 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.19 Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.20 Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.21 Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,22 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.23 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;24 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.25 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.26 En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.27 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!28 Ja, Âk sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.36 Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!37 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.38 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.39 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.40 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.41 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak.42 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword.43 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.44 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.45 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.46 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.47 Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur?48 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,52 waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad. [ (Psalms 89:53) Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen. ]
1 (에스라인 에단의 마스길) 내가 여호와의 인자하심을 영원히 노래하며 주의 성실하심을 내 입으로 대대에 알게 하리이다2 내가 말하기를 인자하심을 영원히 세우시며 주의 성실하심을 하늘에서 견고히 하시리라 하였나이다3 주께서 이르시되 내가 나의 택한 자와 언약을 맺으며 내 종 다윗에게 맹세하기를4 내가 네 자손을 영원히 견고히 하며 네 위를 대대에 세우리라 하였다 하셨나이다 (셀라)5 여호와여, 주의 기사를 하늘이 찬양할 것이요 주의 성실도 거룩한 자의 회중에서 찬양하리이다6 대저 궁창에서 능히 여호와와 비교할 자 누구며 권능 있는 자 중에 여호와와 같은 자 누구리이까 ?7 하나님은 거룩한 자의 회중에서 심히 엄위하시오며 둘러 있는 모든 자 위에 더욱 두려워할 자시니이다8 여호와 만군의 하나님이여, 주와 같이 능한 자 누구리이까 여호와여, 주의 성실하심이 주를 둘렀나이다9 주께서 바다의 흉용함을 다스리시며 그 파도가 일어날 때에 평정케 하시나이다10 주께서 라합을 살륙 당한 자 같이 파쇄하시고 주의 원수를 주의 능력의 팔로 흩으셨나이다11 하늘이 주의 것이요 땅도 주의 것이라 세계와 그 중에 충만한 것을 주께서 건설하셨나이다12 남북을 주께서 창조하셨으니 다볼과 헤르몬이 주의 이름을 인하여 즐거워하나이다13 주의 팔에 능력이 있사오며 주의 손은 강하고 주의 오른손은 높으시니이다14 의와 공의가 주의 보좌의 기초라 인자함과 진실함이 주를 앞서 행하나이다15 즐거운 소리를 아는 백성은 유복한 자라 여호와여, 저희가 주의 얼굴 빛에 다니며16 종일 주의 이름으로 기뻐하며 주의 의로 인하여 높아지오니17 주는 저희 힘의 영광이심이라 우리 뿔이 주의 은총으로 높아지오리니18 우리 방패는 여호와께 속하였고 우리 왕은 이스라엘의 거룩한 자에게 속하였음이니이다19 주께서 이상 중에 주의 성도에게 말씀하시기를 내가 돕는 힘을 능력 있는 자에게 더하며 백성 중에서 택한 자를 높였으되20 내가 내 종 다윗을 찾아 나의 거룩한 기름으로 부었도다21 내 손이 저와 함께 하여 견고히 하고 내 팔이 그를 힘이 있게 하리로다22 원수가 저에게서 강탈치 못하며 악한 자가 저를 곤고케 못하리로다23 내가 저의 앞에서 그 대적을 박멸하며 저를 한하는 자를 치려니와24 나의 성실함과 인자함이 저와 함께 하리니 내 이름을 인하여 그 뿔이 높아지리로다25 내가 또 그 손을 바다 위에 세우며 오른손을 강들 위에 세우리니26 저가 내게 부르기를 주는 나의 아버지시요, 나의 하나님이시요, 나의 구원의 바위시라 하리로다27 내가 또 저로 장자를 삼고 세계 열왕의 으뜸이 되게 하며28 저를 위하여 나의 인자함을 영구히 지키고 저로 더불어 한 나의 언약을 굳게 세우며29 또 그 후손을 영구케 하여 그 위를 하늘의 날과 같게 하리로다30 만일 그 자손이 내 법을 버리며 내 규례대로 행치 아니하며31 내 율례를 파하며 내 계명을 지키지 아니하면32 내가 지팡이로 저희 범과를 다스리며 채찍으로 저희 죄악을 징책하리로다33 그러나 나의 인자함을 그에게서 다 거두지 아니하며 나의 성실함도 폐하지 아니하며34 내 언약을 파하지 아니하며 내 입술에서 낸 것도 변치 아니하리로다35 내가 나의 거룩함으로 한번 맹세하였은즉 다윗에게 거짓을 아니할 것이라36 그 후손이 장구하고 그 위는 해같이 내 앞에 항상 있으며37 또 궁창의 확실한 증인 달 같이 영원히 견고케 되리라 하셨도다38 그러나 주께서 주의 기름 부음 받은 자를 노하사 물리쳐 버리셨으며39 주의 종의 언약을 미워하사 그 관을 땅에 던져 욕되게 하셨으며40 저의 모든 울타리를 파괴하시며 그 보장을 훼파하셨으므로41 길로 지나는 자들에게 다 탈취를 당하며 그 이웃에게 욕을 당하나이다42 주께서 저의 대적의 오른손을 높이시고 저희 모든 원수로 기쁘게 하셨으며43 저의 칼날을 둔하게 하사 저로 전장에 서지 못하게 하셨으며44 저의 영광을 그치게 하시고 그 위를 땅에 엎으셨으며45 그 소년의 날을 단촉케 하시고 저를 수치로 덮으셨나이다 (셀라)46 여호와여, 언제까지니이까 ? 스스로 영원히 숨기시리이까 ? 주의 노가 언제까지 불붙듯 하시겠나이까 ?47 나의 때가 얼마나 단촉한지 기억하소서 주께서 모든 인생을 어찌 그리 허무하게 창조하셨는지요48 누가 살아서 죽음을 보지 아니하고 그 영혼을 음부의 권세에서 건지리이까 (셀라)49 주여, 주의 성실하심으로 다윗에게 맹세하신 이전 인자하심이 어디 있나이까 ?50 주는 주의 종들의 받은 훼방을 기억하소서 유력한 모든 민족의 훼방이 내 품에 있사오니51 여호와여, 이 훼방은 주의 원수가 주의 기름부음 받은 자의 행동을 훼방한 것이로소이다52 여호와를 영원히 찬송할지어다 ! 아멘, 아멘