1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.

2 God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

3 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

4 Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.

5 Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

6 God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

8 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.

9 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.

11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]

1 (고라 자손의 시. 영장으로 알라못에 맞춘 노래) 하나님은 우리의 피난처시요 힘이시니 환난 중에 만날 큰 도움이시라

2 그러므로 땅이 변하든지 산이 흔들려 바다 가운데 빠지든지

3 바닷물이 흉용하고 뛰놀든지 그것이 넘침으로 산이 요동할지라도 우리는 두려워 아니하리로다 (셀라)

4 한 시내가 있어 나뉘어 흘러 하나님의 성 곧 지극히 높으신 자의 장막의 성소를 기쁘게 하도다

5 하나님이 그 성중에 거하시매 그 성이 요동치 아니할 것이라 새벽에 하나님이 도우시리로다 !

6 이방이 훤화하며 왕국이 동하였더니 저가 소리를 발하시매 땅이 녹았도다

7 만군의 여호와께서 우리와 함께 하시니 야곱의 하나님은 우리의 피난처시로다

8 와서 여호와의 행적을 볼찌어다 땅을 황무케 하셨도다

9 저가 땅끝까지 전쟁을 쉬게 하심이여 활을 꺾고 창을 끊으며 수레를 불 사르시는도다

10 이르시기를 너희는 가만히 있어 내가 하나님 됨을 알찌어다 ! 내가 열방과 세계중에서 높임을 받으리라 하시도다

11 만군의 여호와께서 우리와 함께 하시리니 야곱의 하나님은 우리의 피난처시로다