1 Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,
2 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.
3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.
4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?
6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?
7 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!
1 이스라엘이 애굽에서 나오며 야곱의 집이 방언 다른 민족에게서 나올 때에
2 유다는 여호와의 성소가 되고 이스라엘은 그의 영토가 되었도다
3 바다는 이를 보고 도망하며 요단은 물러갔으며
4 산들은 수양 같이 뛰놀며 작은 산들은 어린 양 같이 뛰었도다
5 바다야, 네가 도망함은 어찜이며 요단아 네가 물러감은 어찜인고
6 너희 산들아, 수양 같이 뛰놀며 작은 산들아 어린 양 같이 뛰놂은 어찜인고
7 땅이여, 너는 주 앞 곧 야곱의 하나님 앞에서 떨지어다
8 저가 반석을 변하여 못이 되게 하시며 차돌로 샘물이 되게 하셨도다