1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.

2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.

3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.

5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.

9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.

1 (다윗의 기도) 여호와여, 나는 곤고하고 궁핍하오니 귀를 기울여 내게 응답하소서

2 나는 경건하오니 내 영혼을 보존하소서 내 주 하나님이여, 주를 의지하는 종을 구원하소서

3 주여, 나를 긍휼히 여기소서 내가 종일 주께 부르짖나이다

4 주여, 내 영혼이 주를 우러러 보오니 주여 내 영혼을 기쁘게 하소서

5 주는 선하사 사유하기를 즐기시며 주께 부르짖는 자에게 인자함이 후하심이니이다

6 여호와여, 나의 기도에 귀를 기울이시고 나의 간구하는 소리를 들으소서

7 나의 환난 날에 내가 주께 부르짖으리니 주께서 내게 응답하시리이다

8 주여, 신들 중에 주와 같은 자 없사오며 주의 행사와 같음도 없나이다

9 주여, 주의 지으신 모든 열방이 와서 주의 앞에 경배하며 주의 이름에 영화를 돌리리이다

10 대저 주는 광대하사 기사를 행하시오니 주만 하나님이시니이다

11 여호와여, 주의 도로 내게 가르치소서 내가 주의 진리에 행하오리니 일심으로 주의 이름을 경외하게 하소서

12 주 나의 하나님이여, 내가 전심으로 주를 찬송하고 영영토록 주의 이름에 영화를 돌리오리니

13 이는 내게 향하신 주의 인자가 크사 내 영혼을 깊은 음부에서 건지셨음이니이다

14 하나님이여, 교만한 자가 일어나 나를 치고 강포한 자의 무리가 내 혼을 찾았사오며 자기 앞에 주를 두지 아니하였나이다

15 그러나 주여, 주는 긍휼히 여기시며 은혜를 베푸시며 노하기를 더디 하시며 인자와 진실이 풍성하신 하나님이시오니

16 내게로 돌이키사 나를 긍휼히 여기소서 주의 종에게 힘을 주시고 주의 여종의 아들을 구원하소서

17 은총의 표징을 내게 보이소서 그러면 나를 미워하는 저희가 보고 부끄러워하오리니 여호와여, 주는 나를 돕고 위로하심이니이다