1 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;2 want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.3 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek -- dit is Jakob. Sela.7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!8 Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!10 Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare -- Hy is die Erekoning! Sela.
1 (다윗의 시) 땅과 거기 충만한 것과 세계와 그 중에 거하는 자가 다 여호와의 것이로다2 여호와께서 그 터를 바다 위에 세우심이여 강들 위에 건설하셨도다3 여호와의 산에 오를 자 누구며 그 거룩한 곳에 설 자가 누군고4 곧 손이 깨끗하며 마음이 청결하며 뜻을 허탄한 데 두지 아니하며 거짓 맹세치 아니하는 자로다5 저는 여호와께 복을 받고 구원의 하나님께 의를 얻으리니6 이는 여호와를 찾는 족속이요 야곱의 하나님의 얼굴을 구하는 자로다 (셀라)7 문들아 너희 머리를 들지어다 ! 영원한 문들아 들릴지어다 ! 영광의 왕이 들어 가시리로다8 영광의 왕이 뉘시뇨 강하고 능한 여호와시요 전쟁에 능한 여호와시로다9 문들아 너희 머리를 들지어다 ! 영원한 문들아 들릴지어다 ! 영광의 왕이 들어 가시리로다10 영광의 왕이 뉘시뇨 만군의 여호와께서 곧 영광의 왕이시로다 (셀라)