1 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
2 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.
3 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.
4 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
5 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.
6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
7 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
1 (다윗의 믹담) 하나님이여, 나를 보호하소서 내가 주께 피하나이다
2 내가 여호와께 아뢰되 주는 나의 주시오니 주 밖에는 나의 복이 없다 하였나이다
3 땅에 있는 성도는 존귀한 자니 나의 모든 즐거움이 저희에게 있도다
4 다른 신에게 예물을 드리는 자는 괴로움이 더할 것이라 나는 저희가 드리는 피의 전제를 드리지 아니하며 내 입술로 그 이름도 부르지 아니하리로다
5 여호와는 나의 산업과 나의 잔의 소득이시니 나의 분깃을 지키시나이다
6 내게 줄로 재어 준 구역은 아름다운 곳에 있음이여 나의 기업이 실로 아름답도다
7 나를 훈계하신 여호와를 송축할지라 ! 밤마다 내 심장이 나를 교훈하도다
8 내가 여호와를 항상 내 앞에 모심이여 그가 내 우편에 계시므로 내가 요동치 아니하리로다
9 이러므로 내 마음이 기쁘고 내 영광도 즐거워하며 내 육체도 안전히 거하리니
10
11