1 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.

4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.

7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

8 Verhard julle hart nie soos by M,riba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

1 오라 ! 우리가 여호와께 노래하며 우리 구원의 반석을 향하여 즐거이 부르자

2 우리가 감사함으로 그 앞에 나아가며 시로 그를 향하여 즐거이 부르자

3 대저 여호와는 크신 하나님이시요 모든 신 위에 크신 왕이시로다

4 땅의 깊은 곳이 그 위에 있으며 산들의 높은 것도 그의 것이로다

5 바다가 그의 것이라 그가 만드셨고 육지도 그의 손이 지으셨도다

6 오라 ! 우리가 굽혀 경배하며 우리를 지으신 여호와 앞에 무릎을 꿇자

7 대저 저는 우리 하나님이시요, 우리는 그의 기르시는 백성이며 그 손의 양이라 너희가 오늘날 그 음성 듣기를 원하노라

8 이르시기를 너희는 므리바에서와 같이 또 광야 맛사의 날과 같이 너희 마음을 강퍅하게 말지어다

9 그 때에 너희 열조가 나를 시험하며 나를 탐지하고 나의 행사를 모았도다

10 내가 사십년을 그 세대로 인하여 근심하여 이르기를 저희는 마음이 미혹된 백성이라 내 도를 알지 못한다 하였도다

11 그러므로 내가 노하여 맹세하기를 저희는 내 안식에 들어오지 못하리라 하였도다