1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
4 Die dag as ek vrees, sal ,k op U vertrou.
5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
7 Hulle val aan, lê en loer -- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
8 Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
9 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
11 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; [ (Psalms 56:14) want U het my siel gered van die dood -- ja, my voete van struikeling -- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe. ]
1 (다윗의 믹담 시. 영장으로 요낫엘렘 르호김에 맞춘 노래. 다윗이 가드에서 블레셋인에게 잡힌 때에) 하나님이여, 나를 긍휼히 여기소서 사람이 나를 삼키려고 종일 치며 압제하나이다
2 나의 원수가 종일 나를 삼키려 하며 나를 교만히 치는 자 많사오니
3 내가 두려워하는 날에는 주를 의지하리이다
4 내가 하나님을 의지하고 그 말씀을 찬송하올지라 내가 하나님을 의지하였은즉 두려워 아니하리니 혈육있는 사람이 내게 어찌하리이까 ?
5 저희가 종일 내 말을 곡해하며 내게 대한 저희 모든 사상은 사악이라
6 저희가 내 생명을 엿보던 것과 같이 또 모여 숨어 내 종적을 살피나이다
7 저희가 죄악을 짓고야 피하오리이까 ? 하나님이여 분노하사 뭇 백성을 낮추소서
8 나의 유리함을 주께서 계수하셨으니 나의 눈물을 주의 병에 담으소서 ! 이것이 주의 책에 기록되지 아니하였나이까 ?
9 내가 아뢰는 날에 내 원수가 물러가리니 하나님이 나를 도우심인 줄 아나이다
10 내가 하나님을 의지하여 그 말씀을 찬송하며 여호와를 의지하여 그 말씀을 찬송하리이다
11 내가 하나님을 의지하였은즉 두려워 아니하리니 사람이 내게 어찌 하리이까 ?
12 하나님이여, 내가 주께 서원함이 있사온즉 내가 감사제를 주께 드리리니
13 주께서 내 생명을 사망에서 건지셨음이라 주께서 나로 하나님앞 생명의 빛에 다니게 하시려고 실족지 않게 하지 아니하셨나이까 ?