1 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste --
7 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
1 (아삽의 시) 하나님이 하나님의 회 가운데 서시며 재판장들 중에서 판단하시되
2 너희가 불공평한 판단을 하며 악인의 낯 보기를 언제까지 하려느냐 셀라
3 가난한 자와 고아를 위하여 판단하며 곤란한 자와 빈궁한 자에게 공의를 베풀지며
4 가난한 자와 궁핍한 자를 구원하여 악인들의 손에서 건질찌니라 하시는도다
5 저희는 무지무각하여 흑암 중에 왕래하니 땅의 모든 터가 흔들리도다
6 내가 말하기를 너희는 신들이며 다 지존자의 아들들이라 하였으나
7 너희는 범인 같이 죽으며 방백의 하나 같이 엎더지리로다
8 하나님이여, 일어나사 세상을 판단하소서 모든 열방이 주의 기업이 되겠음이니이다