1 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
2 o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
3 Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.
4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.
6 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;
8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.
10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;
13 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
14 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
15 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;
16 want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!
17 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
19 Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.
21 En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.
22 Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie! [ (Psalms 38:23) Maak tog gou om my te help, Here, my heil! ]
1 (다윗의 기념케 하는 시) 여호와여, 주의 노로 나를 책하지 마시고 분노로 나를 징계치 마소서
2 주의 살이 나를 찌르고 주의 손이 나를 심히 누르시나이다
3 주의 진노로 인하여 내 살에 성한 곳이 없사오며 나의 죄로 인하여 내 뼈에 평안함이 없나이다
4 내 죄악이 내 머리에 넘쳐서 무거운 짐 같으니 감당할 수 없나이다
5 내 상처가 썩어 악취가 나오니 나의 우매한 연고로소이다
6 내가 아프고 심히 구부러졌으며 종일토록 슬픈 중에 다니나이다
7 내 허리에 열기가 가득하고 내 살에 성한 곳이 없나이다
8 내가 피곤하고 심히 상하였으매 마음이 불안하여 신음하나이다
9 주여 나의 모든 소원이 주의 앞에 있사오며 나의 탄식이 주의 앞에 감추이지 아니하나이다
10 내 심장이 뛰고 내 기력이 쇠하여 내 눈의 빛도 나를 떠났나이다
11 나의 사랑하는 자와 나의 친구들이 나의 상처를 멀리하고 나의 친척들도 멀리 섰나이다
12 내 생명을 찾는 자가 올무를 놓고 나를 해하려는 자가 괴악한 일을 말하여 종일토록 궤계를 도모하오나
13 나는 귀먹은 자 같이 듣지 아니하고 벙어리 같이 입을 열지 아니하오니
14 나는 듣지 못하는 자 같아서 입에는 변박함이 없나이다
15 여호와여, 내가 주를 바랐사오니 내 주 하나님이 내게 응락하시리이다
16 내가 말하기를 두렵건대 저희가 내게 대하여 기뻐하며 내가 실족할 때에 나를 향하여 망자존대할까 하였나이다
17 내가 넘어지게 되었고 나의 근심이 항상 내 앞에 있사오니 내 죄악을 고하고 내 죄를 슬퍼함이니이다
18 내 원수가 활발하며 강하고 무리하게 나를 미워하는 자가 무수하오며
19 또 악으로 선을 갚는 자들이 내가 선을 좇는 연고로 나를 대적하나이다
20 여호와여, 나를 버리지 마소서 나의 하나님이여, 나를 멀리하지 마소서
21
22