1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid.

2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

4 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!

5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

7 Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.

8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

9 Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

10 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

13 Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.

14 Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.

15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

16 My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17 Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18 Al my beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20 Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24 Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe die Hom aangeroep het om hulp.

26 Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!

28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

29 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.

30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

31 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag. [ (Psalms 22:32) Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen. ]

1 (다윗의 시. 영장으로 아앨렛샤할에 맞춘 노래) 내 하나님이여, 내 하나님이여, 어찌 나를 버리셨나이까 ? 어찌 나를 멀리하여 돕지 아니하옵시며 내 신음하는 소리를 듣지 아니하시나이까 ?

2 내 하나님이여, 내가 낮에도 부르짖고 밤에도 잠잠치 아니하오나 응답지 아니하시나이다

3 이스라엘의 찬송 중에 거하시는 주여, 주는 거룩하시니이다

4 우리 열조가 주께 의뢰하였고 의뢰하였으므로 저희를 건지셨나이다

5 저희가 주께 부르짖어 구원을 얻고 주께 의뢰하여 수치를 당치 아니하였나이다

6 나는 벌레요 사람이 아니라 사람의 훼방거리요 백성의 조롱거리니이다

7 나를 보는 자는 다 비웃으며 입술을 비쭉이고 머리를 흔들며 말하되

8 저가 여호와께 의탁하니 구원하실걸, 저를 기뻐하시니 건지실걸 하나이다

9 오직 주께서 나를 모태에서 나오게 하시고 내 모친의 젖을 먹을때에 의지하게 하셨나이다

10 내가 날 때부터 주께 맡긴바 되었고 모태에서 나올 때부터 주는 내 하나님이 되셨사오니

11 나를 멀리하지 마옵소서 환난이 가깝고 도울 자 없나이다

12 많은 황소가 나를 에워싸며 바산의 힘센 소들이 나를 둘렀으며

13 내게 그 입을 벌림이 찢고 부르짖는 사자 같으니이다

14 나는 물같이 쏟아졌으며 내 모든 뼈는 어그러졌으며 내 마음은 촛밀 같아서 내 속에서 녹았으며

15 내 힘이 말라 질그릇 조각 같고 내 혀가 잇틀에 붙었나이다 주께서 또 나를 사망의 진토에 두셨나이다

16 개들이 나를 에워쌌으며 악한 무리가 나를 둘러 내 수족을 찔렀나이다

17 내가 내 모든 뼈를 셀 수 있나이다 저희가 나를 주목하여 보고

18 내 겉옷을 나누며 속옷을 제비뽑나이다

19 여호와여, 멀리하지 마옵소서 나의 힘이시여, 속히 나를 도우소서

20 내 영혼을 칼에서 건지시며 내 유일한 것을 개의 세력에서 구하소서

21 나를 사자 입에서 구하소서 주께서 내게 응락하시고 들소 뿔에서 구원하셨나이다

22 내가 주의 이름을 형제에게 선포하고 회중에서 주를 찬송하리이다

23 여호와를 두려워하는 너희여, 그를 찬송할지어다 야곱의 모든 자손이여, 그에게 영광을 돌릴지어다 너희 이스라엘 모든 자손이여, 그를 경외할지어다

24 그는 곤고한 자의 곤고를 멸시하거나 싫어하지 아니하시며 그 얼굴을 저에게서 숨기지 아니하시고 부르짖을 때에 들으셨도다

25 대회 중에 나의 찬송은 주께로서 온 것이니 주를 경외하는 자 앞에서 나의 서원을 갚으리이다

26 겸손한 자는 먹고 배부를 것이며 여호와를 찾는 자는 그를 찬송할 것이라 너희 마음은 영원히 살지어다

27 땅의 모든 끝이 여호와를 기억하고 돌아오며 열방의 모든 족속이 주의 앞에 경배하리니

28 나라는 여호와의 것이요 여호와는 열방의 주재심이로다

29 세상의 모든 풍비한 자가 먹고 경배할 것이요 진토에 내려가는 자 곧 자기 영혼을 살리지 못할 자도 다 그 앞에 절하리로다

30 후손이 그를 봉사할 것이요 대대에 주를 전할 것이며

31 와서 그 공의를 장차 날 백성에게 전함이여 주께서 이를 행하셨다 할 것이로다