1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
2 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --
5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
6 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8 skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld,
9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ]
1 (다윗의 시. 영장으로 깃딧에 맞춘 노래) 여호와 우리 주여, 주의 이름이 온 땅에 어찌 그리 아름다운지요 주의 영광을 하늘 위에 두셨나이다
2 주의 대적을 인하여 어린 아이와 젖먹이의 입으로 말미암아 권능을 세우심이여 이는 원수와 보수자로 잠잠케 하려 하심이니이다
3 주의 손가락으로 만드신 주의 하늘과 주의 베풀어 두신 달과 별들을 내가 보오니
4 사람이 무엇이관대 주께서 저를 권고하시나이까
5 저를 천사보다 조금 못하게 하시고 영화와 존귀로 관을 씌우셨나이다
6 주의 손으로 만드신 것을 다스리게 하시고 만물을 그 발 아래 두셨으니
7 곧 모든 우양과 들짐승이며
8 여호와 우리 주여, 주의 이름이 온 땅에 어찌 그리 아름다운지요
9