1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.
2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
7 Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, die het vergaan.
8 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
12 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
14 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
17 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
20 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! [ (Psalms 9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela. ]
1 (다윗의 시. 영장으로 뭇랍벤에 맞춘 노래) 내가 전심으로 여호와께 감사하오며 주의 모든 기사를 전하리이다
2 내가 주를 기뻐하고 즐거워하며 지극히 높으신 주의 이름을 찬송하리니
3 내 원수들이 물러갈 때에 주의 앞에서 넘어져 망함이니이다
4 주께서 나의 의와 송사를 변호하셨으며 보좌에 앉으사 의롭게 심판하셨나이다
5 열방을 책하시고 악인을 멸하시며 저희 이름을 영영히 도말하셨나이다
6 원수가 끊어져 영영히 멸망하셨사오니 주께서 무너뜨린 성읍들을 기억할 수 없나이다
7 여호와께서 영영히 앉으심이여 심판을 위하여 보좌를 예비하셨도다
8 공의로 세계를 심판하심이여 정직으로 만민에게 판단을 행하시리로다
9 여호와는 또 압제를 당하는 자의 산성이시요 환난 때의 산성이시로다
10 여호와여, 주의 이름을 아는 자는 주를 의지하오리니 이는 주를 찾는 자들을 버리지 아니하심이니이다
11 너희는 시온에 거하신 여호와를 찬송하며 그 행사를 백성 중에 선포할지어다
12 피 흘림을 심문하시는 이가 저희를 기억하심이여 가난한 자의 부르짖음을 잊지 아니하시도다
13 여호와여, 나를 긍휼히 여기소서 나를 사망의 문에서 일으키시는 주여, 미워하는 자에게 받는 나의 곤고를 보소서
14 그리하시면 내가 주의 찬송을 다 전할 것이요 딸 같은 시온의 문에서 주의 구원을 기뻐하리이다
15 열방은 자기가 판 웅덩이에 빠짐이여 그 숨긴 그물에 자기 발이 걸렸도다
16 여호와께서 자기를 알게 하사 심판을 행하셨음이여 악인은 그 손으로 행한 일에 스스로 얽혔도다 (힉가욘.셀라)
17 악인이 음부로 돌아감이여 하나님을 잊어버린 모든 열방이 그리하리로다
18 궁핍한 자가 항상 잊어 버림을 보지 아니함이여 가난한 자가 영영히 실망치 아니하리로다
19 여호와여, 일어나사 인생으로 승리를 얻지 못하게 하시며 열방으로 주의 목전에 심판을 받게 하소서
20 여호와여, 저희로 두렵게 하시며 열방으로 자기는 인생 뿐인줄 알게 하소서 (셀라)