1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

3 Laat die huis van A„ron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

4 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

5 Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.

6 Die HERE is v¡r my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?

7 Die HERE is v¡r my as my helper; so sal ,k dan neersien op die wat my haat.

8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

9 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.

10 Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

11 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

12 Hulle het my omsingel soos bye -- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

13 Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.

14 Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.

15 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.

16 Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.

17 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.

18 Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.

19 Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.

20 Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.

21 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.

22 Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.

23 Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.

24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

25 Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!

26 Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.

27 Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.

28 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.

29 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

1 여호와께 감사하라 ! 저는 선하시며 그 인자하심이 영원함이로다

2 이제 이스라엘은 말하기를 그 인자하심이 영원하다 할지로다

3 이제 아론의 집은 말하기를 그 인자하심이 영원하다 할지로다

4 이제 여호와를 경외하는 자는 말하기를 그 인자하심이 영원하다 할지로다

5 내가 고통 중에 여호와께 부르짖었더니 여호와께서 답하시고 나를 광활한 곳에 세우셨도다

6 여호와는 내 편이시라 내게 두려움이 없나니 내게 어찌할꼬

7 여호와께서 내 편이 되사 나를 돕는 자 중에 계시니 그러므로 나를 미워하는 자에게 보응하시는 것을 내가 보리로다

8 여호와께 피함이 사람을 신뢰함보다 나으며

9 여호와께 피함이 방백들을 신뢰함보다 낫도다

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29