1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres -- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.3 Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;4 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!
1 (성전에 올라가는 노래) 하늘에 계신 주여, 내가 눈을 들어 주께 향하나이다2 종의 눈이 그 상전의 손을 여종의 눈이 그 주모의 손을 바람같이 우리 눈이 여호와 우리 하나님을 바라며 우리를 긍휼히 여기시기를 기다리나이다3 여호와여, 우리를 긍휼히 여기시고 긍휼히 여기소서 심한 멸시가 우리에게 넘치나이다4 평안한 자의 조소와 교만한 자의 멸시가 우리 심령에 넘치나이다