1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!
2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,
3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
6 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.
7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.
9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;
10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
15 Laat die altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
17 Ja, hy het die vloek liefgehad en -- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en -- dit het ver van hom af gebly.
18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en -- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
19 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
21 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
25 En ,k het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
26 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,
27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.
28 Laat hulle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.
29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.
30 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;
31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.
1 (다윗의 시. 영장으로 한 노래) 나의 찬송하는 하나님이여, 잠잠하지 마옵소서
2 대저 저희가 악한 입과 궤사한 입을 열어 나를 치며 거짓된 혀로 내게 말하며
3 또 미워하는 말로 나를 두르고 무고히 나를 공격하였나이다
4 나는 사랑하나 저희는 도리어 나를 대적하니 나는 기도할 뿐이라
5 저희가 악으로 나의 선을 갚으며 미워함으로 나의 사랑을 갚았사오니
6 악인으로 저를 제어하게 하시며 대적으로 그 오른편에 서게 하소서
7 저가 판단을 받을 때에 죄를 지고 나오게 하시며 그 기도가 죄로 변케 하시며
8 그 년수를 단촉케 하시며 그 직분을 타인이 취하게 하시며
9 그 자녀는 고아가 되고 그 아내는 과부가 되며
10 그 자녀가 유리 구걸하며 그 황폐한 집을 떠나 빌어먹게 하소서
11 고리대금하는 자로 저의 소유를 다 취하게 하시며 저의 수고한 것을 외인이 탈취하게 하시며
12 저에게 은혜를 계속할 자가 없게 하시며 그 고아를 연휼할 자도 없게 하시며
13 그 후사가 끊어지게 하시며 후대에 저희 이름이 도말되게 하소서
14 여호와는 그 열조의 죄악을 기억하시며 그 어미의 죄를 도말하지마시고
15 그 죄악을 항상 여호와 앞에 있게 하사 저희 기념을 땅에서 끊으소서
16 저가 긍휼히 여길 일을 생각지 아니하고 가난하고 궁핍한 자와 마음이 상한 자를 핍박하여 죽이려 한 연고니이다
17 저가 저주하기를 좋아하더니 그것이 자기에게 임하고 축복하기를 기뻐 아니하더니 복이 저를 멀리 떠났으며
18 또 저주하기를 옷 입듯하더니 저주가 물같이 그 내부에 들어가며 기름 같이 그 뼈에 들어갔나이다
19 저주가 그 입는 옷 같고 항상 띠는 띠와 같게 하소서
20 이는 대적 곧 내 영혼을 대적하여 악담하는 자가 여호와께 받는 보응이니이다
21 주 여호와여, 주의 이름을 인하여 나를 선대하시며 주의 인자하심이 선함을 인하여 나를 건지소서
22 나는 가난하고 궁핍하여 중심이 상함이니이다
23 나의 가는 것은 석양 그림자 같고 또 메뚜기 같이 불려가오며
24 금식함을 인하여 내 무릎은 약하고 내 육체는 수척하오며
25 나는 또 저희의 훼방거리라 저희가 나를 본즉 머리를 흔드나이다
26 여호와 나의 하나님이여, 나를 도우시며 주의 인자하심을 좇아 나를 구원하소서
27 이것이 주의 손인 줄을 저희로 알게 하소서 여호와께서 이를 행하셨나이다
28 저희는 저주하여도 주는 내게 복을 주소서 ! 저희는 일어날 때에 수치를 당할지라도 주의 종은 즐거워하리이다
29 나의 대적으로 욕을 옷입듯하게 하시며 자기 수치를 겉옷 같이 입게 하소서
30 내가 입으로 여호와께 크게 감사하며 무리 중에서 찬송하리니
31 저가 궁핍한 자의 우편에 서사 그 영혼을 판단하려 하는 자에게 구원하실 것임이로다