26 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galil,a met die naam van N saret,
27 na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
26 到了第六个月, 天使加百列奉 神差遣, 往加利利的拿撒勒城去,
27 到了一个童贞女那里, 她已经和大卫家一个名叫约瑟的人订了婚, 童贞女的名字是马利亚。
28 天使进去, 对她说: "恭喜! 蒙大恩的女子, 主与你同在! "
29 她却因这话惊慌起来, 反复思想这样祝贺是什么意思。
30 天使说: "马利亚, 不要怕! 因你已从 神那里蒙了恩。
31 你将怀孕生子, 要给他起名叫耶稣。
32 他将要被尊为大, 称为至高者的儿子, 主 神要把他祖大卫的王位赐给他,
33 他要作王统治雅各家, 直到永远, 他的国没有穷尽。"
34 马利亚对天使说: "我还没有出嫁, 怎能有这事呢?"
35 天使回答: "圣灵要临到你, 至高者的能力要覆庇你, 因此那将要出生的圣者, 必称为 神的儿子。
36 你看, 你亲戚以利沙伯, 被称为不生育的, 在老年也怀了男胎, 现在已是第六个月了,
37 因为在 神没有一件事是不可能的。"
38 马利亚说: "我是主的婢女, 愿照你的话成就在我身上! "天使就离开她去了。