1 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

2 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.

3 En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

4 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?

8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

1 耶稣对他们讲一个比喻, 论到人必须常常祈祷, 不可灰心。

2 他说: "某城里有一个法官, 不惧怕 神, 也不尊敬人。

3 那城里有一个寡妇, 常常来到他那里, 说: ‘求你给我伸冤, 使我脱离我的对头! ’

4 他多次不肯, 后来心里说: ‘我虽然不惧怕 神, 也不尊敬人,

5 只是因为这寡妇常常来麻烦我, 就给她伸冤吧, 免得她不断地来缠扰我。’"

6 主说: "你们听听这不义的法官所说的话吧。

7 难道 神不会为昼夜呼吁他的选民伸冤吗?难道 神会耽误他们吗?

8 我告诉你们, 他要快快地给他们伸冤。然而人子来的时候, 在世上找得到这种信心吗?"