25 En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van S¡meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,

30 omdat my oë u heil gesien het,

31 wat U berei het voor die oë van al die volke --

32 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

25 在耶路撒冷有一个人, 名叫西面, 这人公义虔诚, 一向期待以色列的安慰者来到, 又有圣灵在他身上。

26 圣灵启示他, 在死前必得见主所应许的基督,

27 他又受圣灵感动进了圣殿。那时, 耶稣的父母抱着孩子进来, 要按着律法的规矩为他行礼。

28 西面就把他接到手上, 称颂 神说:

29 "主啊, 现在照你的话, 释放仆人平平安安地去吧!

30 因我的眼睛已经看见你的救恩,

31 就是你在万民面前所预备的,

32 为要作外族人启示的光, 和你民以色列的荣耀。"