10 En toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Bets ida.

11 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.

12 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.

13 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.

14 Want daar was omtrent vyf duisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.

15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.

16 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.

17 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.

10 使徒们回来, 把所作的事报告耶稣。他带着他们, 悄悄地退往伯赛大城去。

11 群众知道了, 也跟了去。他接待他们, 向他们讲论 神的国, 医好需要医治的人。

12 天将晚的时候, 十二门徒来到他跟前, 说: "请解散众人, 好让他们往周围的田舍村庄, 去找地方住, 找东西吃, 因为我们这里是旷野。"

13 他说: "你们给他们吃吧! "他们说: "我们所有的, 不过是五个饼两条鱼, 除非去为这些人另买食物。"

14 原来男人就约有五千。他对门徒说: "叫他们一组一组地坐下, 每组约五十人。"

15 门徒就照他的话, 叫众人坐下。

16 耶稣拿起这五个饼, 两条鱼, 望着天, 祝谢了, 擘开递给门徒, 摆在众人面前。

17 他们都吃饱了, 把剩下的零碎拾起来, 装满了十二个篮子。