1 HALLELUJA! Loof, o knegte van die Here, loof die Naam van die Here!
2 Laat die Naam van die Here geprys word, van nou af tot in ewigheid!
3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die Here geloof word!
4 Die Here is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
5 Wie is soos die Here onse God, wat hoog woon,
6 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
8 om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
9 Wat die onvrugbare van die huis laat woon — 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
1 הַ֥לְלוּ יָ֨הּ ׀ הַ֭לְלוּ עַבְדֵ֣י יְהוָ֑ה הַֽ֝לְלוּ אֶת־שֵׁ֥ם יְהוָֽה׃ 2 יְהִ֤י שֵׁ֣ם יְהוָ֣ה מְבֹרָ֑ךְ מֵֽ֝עַתָּ֗ה וְעַד־עוֹלָֽם׃ 3 מִמִּזְרַח־שֶׁ֥מֶשׁ עַד־מְבוֹא֑וֹ מְ֝הֻלָּ֗ל שֵׁ֣ם יְהוָֽה׃ 4 רָ֖ם עַל־כָּל־גּוֹיִ֥ם ׀ יְהוָ֑ה עַ֖ל הַשָּׁמַ֣יִם כְּבוֹדֽוֹ׃ 5 מִ֭י כַּיהוָ֣ה אֱלֹהֵ֑ינוּ הַֽמַּגְבִּיהִ֥י לָשָֽׁבֶת׃ 6 הַֽמַּשְׁפִּילִ֥י לִרְא֑וֹת בַּשָּׁמַ֥יִם וּבָאָֽרֶץ׃ 7 מְקִֽימִ֣י מֵעָפָ֣ר דָּ֑ל מֵֽ֝אַשְׁפֹּ֗ת יָרִ֥ים אֶבְיֽוֹן׃ 8 לְהוֹשִׁיבִ֥י עִם־נְדִיבִ֑ים עִ֝֗ם נְדִיבֵ֥י עַמּֽוֹ׃ 9 מֽוֹשִׁיבִ֨י ׀ עֲקֶ֬רֶת הַבַּ֗יִת אֵֽם־הַבָּנִ֥ים שְׂמֵחָ֗ה הַֽלְלוּ־יָֽהּ׃