1 'n BEDEVAARTSLIED.
Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3 Die Here het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4 oHere, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
1 שִׁ֗יר הַֽמַּ֫עֲל֥וֹת בְּשׁ֣וּב יְ֭הוָה אֶת־שִׁיבַ֣ת צִיּ֑וֹן הָ֝יִ֗ינוּ כְּחֹלְמִֽים׃ 2 אָ֤ז יִמָּלֵ֪א שְׂח֡וֹק פִּינוּ֮ וּלְשׁוֹנֵ֪נוּ רִ֫נָּ֥ה אָ֭ז יֹאמְר֣וּ בַגּוֹיִ֑ם הִגְדִּ֥יל יְ֝הוָ֗ה לַעֲשׂ֥וֹת עִם־אֵֽלֶּה׃ 3 הִגְדִּ֣יל יְ֭הוָה לַעֲשׂ֥וֹת עִמָּ֗נוּ הָיִ֥ינוּ שְׂמֵחִֽים׃ 4 שׁוּבָ֣ה יְ֭הוָה אֶת־שבותנו כַּאֲפִיקִ֥ים בַּנֶּֽגֶב׃ 5 הַזֹּרְעִ֥ים בְּדִמְעָ֗ה בְּרִנָּ֥ה יִקְצֹֽרוּ׃ 6 הָ֘ל֤וֹךְ יֵלֵ֨ךְ ׀ וּבָכֹה֮ נֹשֵׂ֪א מֶֽשֶׁךְ־הַ֫זָּ֥רַע בֹּֽ֬א־יָב֥וֹא בְרִנָּ֑ה נֹ֝שֵׂ֗א אֲלֻמֹּתָֽיו׃