Publicidade

Salmos 149

WLC
Lofgesang en oorlogswaard.

1 HALLELUJA! Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

2 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!

3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4 Want die Here het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.

5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.

6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;

7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;

8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

9 om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

1 הַ֥לְלוּ יָ֨הּ ׀ שִׁ֣ירוּ לַֽ֭יהוָה שִׁ֣יר חָדָ֑שׁ תְּ֝הִלָּת֗וֹ בִּקְהַ֥ל חֲסִידִֽים׃ 2 יִשְׂמַ֣ח יִשְׂרָאֵ֣ל בְּעֹשָׂ֑יו בְּנֵֽי־צִ֝יּ֗וֹן יָגִ֥ילוּ בְמַלְכָּֽם׃ 3 יְהַֽלְל֣וּ שְׁמ֣וֹ בְמָח֑וֹל בְּתֹ֥ף וְ֝כִנּ֗וֹר יְזַמְּרוּ־לֽוֹ׃ 4 כִּֽי־רוֹצֶ֣ה יְהוָ֣ה בְּעַמּ֑וֹ יְפָאֵ֥ר עֲ֝נָוִ֗ים בִּישׁוּעָֽה׃ 5 יַעְלְז֣וּ חֲסִידִ֣ים בְּכָב֑וֹד יְ֝רַנְּנ֗וּ עַל־מִשְׁכְּבוֹתָֽם׃ 6 רוֹמְמ֣וֹת אֵ֭ל בִּגְרוֹנָ֑ם וְחֶ֖רֶב פִּֽיפִיּ֣וֹת בְּיָדָֽם׃ 7 לַעֲשׂ֣וֹת נְ֭קָמָה בַּגּוֹיִ֑ם תּֽ֝וֹכֵחֹ֗ת בַּל־אֻמִּֽים׃ 8 לֶאְסֹ֣ר מַלְכֵיהֶ֣ם בְּזִקִּ֑ים וְ֝נִכְבְּדֵיהֶ֗ם בְּכַבְלֵ֥י בַרְזֶֽל׃ 9 לַעֲשׂ֤וֹת בָּהֶ֨ם ׀ מִשְׁפָּ֬ט כָּת֗וּב הָדָ֣ר ה֭וּא לְכָל־חֲסִידָ֗יו הַֽלְלוּ־יָֽהּ׃

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-