Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 13

Gebedsvertroue van Dawid.

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Hoe lank, Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?

4 Aanskou tog, verhoor my, Here, my God! Verlig my , sodat ek nie in die dood inslaap nie;

5 sodat my vyand nie kan : Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.

6 Maar ek op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Veja também