7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.