Gebed vir die oorwinning en 'n beeld van toekomstige seën.
1 'n PSALM van Dawid.
Geloofd sy die Here, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer —
2 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.