Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 19

Openbaring in natuur en Skriftuur.

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie onhoorbaar is hulle stem.

5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;

6 en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.

7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Veja também