8 Get. Die Engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
9 Tet. Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
10 Jod. Vrees die Here, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
11 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die Here soek, het geen gebrek aan enigiets nie.