3 Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4 en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5 Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.