Pular para o conteúdo
Publicidade

PSALMS 95

Opwekking om God te loof en Hom gehoorsaam te wees.

1 KOM, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3 Want die Here is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.

4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.

Veja também