Te Whakawhitinga Kōrero Tuatahi
1 Kātahi a Eripāta Temani ka oho, ka mea:
2 "Ki te anga mātou ki te kōrero ki a koe, e pōuri rānei koe?
Otirā, e taea e wai te pēhi te kupu?
3 Nanā, he tokomaha i whakaakona e koe;
nāu hoki i whakakaha ngā ringa kahakore.
4 Ara ana i āu kupu te tangata e hinga ana;
nāu hoki i kaha ai ngā turi kua piko.
5 Ināianei kua tae mai ki a koe, ā, e hemo ana koe;
e pā ana ki a koe, ohorere ana koe.
6 He teka ianei kei tōu wehi ki te Atua he okiokinga whakaaro mōu?
Kei te tapatahi o ōu huarahi he tūmanakohanga, mōu?
7 "Maharatia rā, ko wai o ngā tāngata harakore i huna?
I ngaro rānei ki hea te hunga tika?
8 Ko tāku hoki tēnei i kite ai, ko te hunga e parau ana i te hē,
e rui ana i te raruraru, ko ia rā anō tā rātou e kokoti ai.
9 Hunā ana rātou e te hā o te Atua,
mōtī iho rātou i te hau o tōna riri.
10 Ko te hāmama o te raiona, ko te reo o te raiona tutū,
ko ngā niho o ngā kūao raiona, whati ana.
11 Ngaro ana te raiona kātua i te kore kai,
ā, marara noa atu ngā kūao a te raiona.
12 "Nā, i kawea pukutia mai he kōrero ki ahau,
ā, kapohia ana e tōku taringa he kōmuhumuhu.
13 I ngā whakaaroaronga, nō ngā kite o te pō,
i te mea ka au iho te moe a te tangata,
14 ka pā te wehi ki ahau, me te ihiihi,
ā, wiri ana ōku wheua katoa.
15 Nā, ka tika atu he wairua i tōku aroaro,
tutū ana ngā huruhuru o tōku kikokiko.
16 Tū ana ia,
otiia kīhai ahau i mōhio ki tōna mata.
He āhua te mea i tōku aroaro;
tū puku ana; nā, ka rongo ahau i te reo e kī ana:
17 ‘He nui atu rānei te tika o te tangata i tō te Atua?
He nui atu rānei i tō tōna Kaihanga te mā o te tangata?
18 Nanā, kāhore rawa ia e whakawhirinaki ki āna pononga;
ā, ki tāna, he hē kei āna anahera.
19 Tērā atu tō te hunga e noho ana i roto i ngā whare uku,
he puehu tō rātou tūranga;
mongamonga kau rātou i te aroaro o te pūrehurehu.
20 I waenganui o te ata, o te ahiahi, ka whakangaromia rātou;
hunā ana rātou ake tonu atu, tē ai tētahi hei whakaaro atu.
21 Kāhore rānei tō rātou taura here tēneti i motuhia i roto i a rātou?
Mate ana rātou, kāhore hoki he mātauranga.’ "
Élifas is verwonderd dat Job, wat ander mense kon troos, nou self so moedeloos is.
1 TOE antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
2 As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit?
3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
5 Maar nou dat dit jóú oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóú tref, is jy verslae!
Laat Job op sy vroomheid vertrou, dan kom alles reg. Net groot sondaars kom gewelddadig om.
6 IS jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
8 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
Laat Job onthou dat niemand regverdig is voor God nie.
12 VERDER is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
15 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
17 Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
19 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.